Werktuigkundige

ZZ2 se Tegniese afdeling het vakatures beskikbaar vir gekwalifiseerde dieselwerktuigkundiges in beide die Limpopo en Gauteng Provinsie. Suksesvolle aansoekers sal verantwoordelik wees vir die herstel en instandhouding van trekkers maar ook ander voertuie soos vragmotors en bakkies wat op die produksie eenhede gebruik word. Ander herstelwerk aan implemente wat insluit konstruksie masjienerie en toerusting moet ook gedoen word.

Vereistes van die pos sluit in:

Voldoening aan die ZZ2 waardestelsel en optrede binne die maatskappy se etiese kode.

Vermoë om konflik te hanteer en goeie interpersoonlike vaardighede.

Kandidate moet selfstandig en onafhanklik kan werk, maar ook in spanverband.

Kandidaat moet beskik oor goeie kommunikasie- en leierskapvaardighede.

Kwalifiseerende vereistes sluit in:

ʼn Gekwalifiseerde ambag in een van die toepaslike dissiplines voltooi het, met bewys van registrasie (Rooi Seël).

Oor bewese praktiese ondervinding en wye ervaring beskik in die herstel en instandhouding van trekkers, vragmotors, konstruksie masjienerie en bakkies (minimum 5 jaar ondervinding).

Kandidate moet beskik oor ‘n geldige rybewys, Kode EC sal voorkeur geniet

Kandidate moet oor die volgende kwalifiserende
vereistes beskik:

Vereistes van die pos sluit in:

Voldoening aan die ZZ2 waardestelsel en optrede binne die maatskappy se etiese kode.

Vermoë om konflik te hanteer en goeie interpersoonlike vaardighede.

Kandidate moet selfstandig en onafhanklik kan werk, maar ook in spanverband.

Kandidaat moet beskik oor goeie kommunikasie- en leierskapvaardighede.

Verantwoordelikhede sluit die volgende in:

Kwalifiseerende vereistes sluit in:

ʼn Gekwalifiseerde ambag in een van die toepaslike dissiplines voltooi het, met bewys van registrasie (Rooi Seël).

Oor bewese praktiese ondervinding en wye ervaring beskik in die herstel en instandhouding van trekkers, vragmotors, konstruksie masjienerie en bakkies (minimum 5 jaar ondervinding).

Kandidate moet beskik oor ‘n geldige rybewys, Kode EC sal voorkeur geniet

ZZ2 bied ‘n onderhandelbare, markverwante vergoedingspakket aan. 


Stuur asb u CV per e-pos aan talent@zz2.co.za. Dui asb in die onderwerplyn, die pos waarvoor u aansoek doen aan.

 

Navrae kan gerig word aan Johané van der Merwe by 066 023 1612


Sluitingsdatum: 23 April 2021