Rekenmeester

Daar bestaan ‘n vakature vir ‘n Rekenmeester by ZZ2 se hoofkantoor in Mooketsi wat in die Limpopo Provinsie geleë is. Daar sal van die posbekleër verwag word om ‘n omvattende rekeningkundige en finansiële diens en advies aan produksie eenhede te lewer asook ondersteuning met die voltooing van jaareind afsluitings en finansiële state.

Die hooffokus van die pos behels die volgende:

Opstel van begrotings

Ontwikkeling van stelsels ter bevordering van die integriteit en beskikbaarheid van inligting

Onderhoud van die groot- en hulpboeke asook opstel van bestuursverslae

Voorbereiding vir oudits en opstel van jaareindstate

Vertroud wees met rekenaarstelsel en programme vir die verwerking van data

Blootstelling en kundigheid in die boerdery bedryf

BCom graad, met rekeningkunde of bestuursrekeningkunde as hoofvak

Voltooide Klerkskap sal voorkeur geniet

Hoër kwalifikasies sal ook oorweeg word (bv. CIMA)

Rekenaarvaardig in Microsoft Office

Rekordhouding- asook finansiële steun en advies rakende produksie- verwante take en verslaggewing daarvan

Bestuur, implementeer en bedryf van finansiële verwante projekte

Data verwerking op ACCPAC

Opstel van finansiële state

Kandidate moet oor die volgende kwalifiserende
vereistes beskik:

BCom graad, met rekeningkunde of bestuursrekeningkunde as hoofvak

Voltooide Klerkskap sal voorkeur geniet

Hoër kwalifikasies sal ook oorweeg word (bv. CIMA)

Rekenaarvaardig in Microsoft Office

Verantwoordelikhede sluit die volgende in:

Rekordhouding- asook finansiële steun en advies rakende produksie- verwante take en verslaggewing daarvan

Bestuur, implementeer en bedryf van finansiële verwante projekte

Data verwerking op ACCPAC

Opstel van finansiële state

ZZ2 bied ‘n onderhandelbare markverwante vergoedingspakket aan. Stuur asb u CV per e-pos aan: talent@zz2.co.za. Dui asb in die onderwerplyn, die pos waarvoor u aansoek doen. Enige navrae kan gerig word aan Johan du Plessis by 083 676 0390 (tydens kantoor ure).


Sluitingsdatum: 31 Oktober 2019