Projekbestuurder

Tamaties, Avokados en Kersies

ZZ2 het vakatures beskikbaar vir projekbestuurders in die Limpopo en Mpumulanga provinsie. Ons benodig dinamiese en kundige persone wat ‘n passie het vir landbou, wie doelgerig en sistematies take kan uitvoer, asook suksesvol kan afhandel binne die ZZ2 etiese kode en gevestigde waardestelsel.

Kandidate moet oor die volgende kwalifiserende vereistes beskik:

Bewese kennis en ondervinding (minimum 5 jaar) van verbouingspraktyke in landbou.

Bewese kennis met die vestiging van boorde, snoeipraktyke en arbeidswetgewing word verlang.

Kandidate met ‘n toepaslike kwalifikasie in landbou of beroepsgerigte opleiding sal voorkeur geniet.

Kandidate moet oor uitstekende kommunikasie-, probleemoplossing- en besluitnemingsvaardighede beskik.

Rekenaarvaardigheid asook ondervinding in die gebruik van Microsoft Office pakket dien as voorvereiste.

`n Geldige rybewys is `n vereiste.


Primêre verantwoordelikhede en pligte sluit in:

Optimale en effektiewe bestuur, benutting en aanwending van alle hulpbronne in die boerdery.

Verbouing van vrugte, groente en ander hoëwaarde-produkte.

Optimalisering van produksieprosesse met die doel op verhoogde opbrengs en produktiwiteit.

Uitvoering en ondersteuning van projekte.

Kwaliteitsbeheer van uitsette en hantering van alle personeel aspekte.

Instandhouding van vaste bates.

Daaglikse uitvoering en bestuur van take inlyn met die waardes van ZZ2.

Kandidate moet oor die volgende kwalifiserende
vereistes beskik:

Kandidate moet oor die volgende kwalifiserende vereistes beskik:

Bewese kennis en ondervinding (minimum 5 jaar) van verbouingspraktyke in landbou.

Bewese kennis met die vestiging van boorde, snoeipraktyke en arbeidswetgewing word verlang.

Kandidate met ‘n toepaslike kwalifikasie in landbou of beroepsgerigte opleiding sal voorkeur geniet.

Kandidate moet oor uitstekende kommunikasie-, probleemoplossing- en besluitnemingsvaardighede beskik.

Rekenaarvaardigheid asook ondervinding in die gebruik van Microsoft Office pakket dien as voorvereiste.

`n Geldige rybewys is `n vereiste.


Verantwoordelikhede sluit die volgende in:

Primêre verantwoordelikhede en pligte sluit in:

Optimale en effektiewe bestuur, benutting en aanwending van alle hulpbronne in die boerdery.

Verbouing van vrugte, groente en ander hoëwaarde-produkte.

Optimalisering van produksieprosesse met die doel op verhoogde opbrengs en produktiwiteit.

Uitvoering en ondersteuning van projekte.

Kwaliteitsbeheer van uitsette en hantering van alle personeel aspekte.

Instandhouding van vaste bates.

Daaglikse uitvoering en bestuur van take inlyn met die waardes van ZZ2.

ZZ2 bied ‘n onderhandelbare markverwante vergoedingspakket aan. Stuur asb u CV per e-pos aan: talent@zz2.co.za. Dui asb in die onderwerplyn, die pos waarvoor u aansoek doen aan. Enige navrae kan gerig word aan Johané van der Merwe: 066 023 1612 (tydens kantoor ure)