Landboukundige dienste: Avokado afdeling

 ZZ2 se Landboukundiges ondersteun produksie-eenhede deur die lewering van professionele landboukundige dienste. Hierdie diens sluit in; analisering, interpretering en voorligting van landboukundige inligting met die doel om produksie te optimaliseer en risiko’s te bestuur. Daar bestaan ‘n vakature by ons Avokado afdeling vir ‘n landboukundige wat in noue samewerking met die produksie eenhede sal werk. Die pos is beskikbaar  in Mooketsi, Limpopo-provinsie.

Verantwoordelikhede sluit die volgende sleutelaspekte in:

Instandhouding en ontwikkeling van `n plantvoeding sisteem wat klimaat-, grond-, water- en plant interaksie integreer

Instandhouding en uitbreiding van `n geïntegreerde plant beskermingsprogram 

Die Posbekleër sal `n landboukundige diens en advies lewer aan die onderskeie produksie-eenhede, maar sal op `n wye vlak betrokke wees in die organisasie met die ontwikkeling en uitbreiding van projekte wat sal fokus op ander produkte .

Die pos is nie lessenaar gebonde nie en alhoewel daar van die posbekleër verwag sal word om ook van tyd tot navorsing te doen, is die hoof-uitset gerig op praktiese taak uitvoering en om doelwit-gerig te wees.

Kandidate moet oor die volgende kwalifiserende vereistes beskik:

Verkieslik ‘n nagraadse kwalifikasie in Landbou gesteun deur kennis van en praktiese ervaring in Grondkunde, Plantkunde, Agronomie, Hortologie, Entomologie, Plantpatologie of enige kombinasie van hierdie vakgebiede

Rekenaarvaardigheid en `n geldige bestuurslisensie word vereis

Kandidate moet oor die volgende kwalifiserende
vereistes beskik:

Verantwoordelikhede sluit die volgende in:

Kandidate moet oor die volgende kwalifiserende vereistes beskik:

Verkieslik ‘n nagraadse kwalifikasie in Landbou gesteun deur kennis van en praktiese ervaring in Grondkunde, Plantkunde, Agronomie, Hortologie, Entomologie, Plantpatologie of enige kombinasie van hierdie vakgebiede

Rekenaarvaardigheid en `n geldige bestuurslisensie word vereis

ZZ2 bied ‘n onderhandelbare markverwante vergoedingspakket aan. 

Stuur asb u CV per e-pos aan     talent@zz2.co.za.

Dui asb in die onderwerplyn, die pos waarvoor u aansoek doen aan. 

Rig navrae aan Johané van der Merwe by 066 023 1612 tydens kantoor ure.

Sluitingsdatum

23 April 2021