ZZ2 Farm Land

ZZ2 se ‘mooi loop by die dinge’

soos gepubliseer deur: https://letabaherald.co.za/103617/zz2-se-mooi-loop-by-die-dinge/

Die mooi storie van hoe ‘n boerefilosoof in die negentigjare die landboureus ZZ2 op ‘n pad geplaas het wat vandag gestalte vind in hoe hul boer en hoe hul hul bedrywighede uitleef, is verlede week op die kykNetprogram, Prontuit, vertel.

Prof. Erik Holm gesels met Kabous Meiring. Links is ‘n standbeeld van prof. Freek Engelbrecht op die hange van die Olyfberg in die Koedoesvallei.

Tommie van Zyl, hoofuitvoerende beampte vertel op die program dat ‘n onderonsie oor water daartoe gelei het dat prof. Freek Engelbrecht, wat op die plaas Mooiloop aan die hange van die Koedoesvallei gewoon het, ooreengekom het dat “hulle nie oor water gaan baklei nie”, maar dat Engelbrecht sou help om dié familiebesigheid die toekoms in te neem. Engelbrecht was voorheen verbonde aan die Universiteit van Limpopo waar hy onder andere filosofie doseer het.

Hy het die maatskappy aan die Griekse en ander filosowe voorgestel wat die fondament gelê het om ZZ2 deur die jare van verandering en aanpassing wat (1992) voorgelê het, te rig. Van Zyl sê Engelbrecht het hulle aan sisteemdenke voorgestel wat die tydsgebondenheid van kitsidees en slagspreuke waarvolgens sakelui besighede bedryf, geneutraliseer het.

“Hy het gesê dat die doel van ‘n onderneming baie duidelik gestel moet word en die totale funksies en programme, strukture en strategieë met betrekking tot die familie en die totale omgewing rondom dié doel uitgewerk moet word.”

In die familiesisteem het hulle ook die patologie geïdentifi seer waarvolgens vier vabonde uitgewys is: die erfgenaam, die kroonprins, die uitbuiter en die parasiet. In die program vertel twee ZZ2- familielede, Irma en Gisela van Zyl, dat hulle as kinders baie duidelik verstaan het dat hulle nie iets kan erf uit die ZZ2-sisteem nie, dat daar wel vir hul studiegeleenthede sal wees, maar dat hul dan verder hul plek in die groter ZZ2-sisteem sal moet verdien.

Engelbrecht het in die negentigerjare twee sisteemfi losowe, proff. Erik en Dieter Holm ook aan ZZ2 voorgestel en saam het hulle ‘n metastrategie vir die groep uitgewerk wat op die toekoms gerig was. Van Zyl sê in die program dat hul doelwit is om eerstens produkte vir verbruikers te skep wat gesog is. “Ons tweede doel is dat dié waarde wat geskep is deurgevoer word tot al die ander belanghebbers soos byvoorbeeld ons verskaff ers, werknemers, die nageslag en die omgewing.”

Heel laastens moet die aandeelhouers hul “lisensie om te funksioneer in stand hou of verdien, eerder as om aanspraak te maak daarop”, sê Van Zyl Van Zyl vertel die storie van hoe sy pa, Bertie van Zyl, in die negentigerjare vir ‘n bankbestuurder gesê het sy missie en visie is om suksesvol te wees nadat hy geld wou leen. Die bankbestuuder het hom daarop vir ‘n sakeplan gevra.

“Ons het die word sukses geneem en saam met die direksie en die sisteemfi losowe deurtrap tot ons is waar ons vandag is: Ons wil die maatstaf van sukses in landbou wees wat volhoubare waarde skep vir al sy belanghebbers op die lang termyn,” sê Van Zyl. ‘n Vergelyking van hoe die sisteem funksioneer, word deur prof Erik Holm en Van Zyl deurgetrek na die ‘n beginsel vanuit die natuur.

“Jy moet dink soos ‘n kakkerlak, ‘n generalis, maar jy moet doen soos ‘n spesialis of ‘n termiet sodat uitnemendheid geskep kan word.” Holm sê verder die sisteem vereis dat jy jou denke wyd en oop moet wees, soos die kakkerlak, maar wanneer jy begin om te werk, moet jy soos die rysmier doelgerig werk.”

Prontuit-aanbieder, Kabous Meiring in gesprek met ZZ2 se hoofuitvoerende beampte, Tommie van Zyl.

ZZ2 se omgang met die omgewing word ook deur die sisteem filosofie se volhoubaarheid gedryf deurdat hulle meer as twintig jaar gelede reeds met herlewingslandbou begin het wat onder die handelsmerk, “Natuurboerdery” bedryf word. “Dit beteken dat ons die beginsels uit die natuur te neem, die aanpasbaarheid daarvan neem en dit dan te trou met die beste tegnologie,” sê Wiam Haddad, hoof van ekologie by ZZ2.

Van Zyl sê verder dat die toekoms behels die skep van sisteme wat groter as die indiwidu is met die doelwit dat daar deur die skep van regeer- en bindingsprosesse mense en dinge nader getrek word. Hy sê die sisteem beteken dat die toekoms is belangriker as die verlede en dat die toekoms aktief geskep moet word.

“Tweedens is die ander belangriker as jyself, jy wil jou medemens affi rmeer. Derdens moet jy ‘n gerigtheid hê na buite – jy moenie in jou sisteem gekeer raak nie. Vierdens is verhoudinge nie hiërargies nie, maar horisontaal; en vyfdens gebeur verandering in sponge, nie reglynig nie en kan jy nie die toekoms voorspel aan die hand van die verlede nie.

“Die lewende besigheidsisteem in die oopsisteemera beteken dat die besigheid is nie die besitting van die eienaar nie, die besigheid is lewendig en indien al sy belanghebbers werk om dit lewendig te hou,sal dit kan oorleef.” Die program sluit af met Van Zyl se verwysing na die Griekse filosowe se eksistensialisme – “leef jy jou werklikheid”, loop jy mooi by die dinge, ‘n wêrelduitkyk wat deur Engelbrecht aan ZZ2 geleer is, wat vandag nog steeds gestalte het en wat hul rig vir die toekoms.


ZZ2 se ‘mooi loop by die dinge’

Copyright 2023