ZZ2 se donkies hou wag by koeie

Donkies en kalfseisoen loop hand aan hand by ZZ2 se Pinzgauer-stoet in Limpopo.

Kalfseisoen is twee keer per jaar in April en Mei en weer Oktober en November-maand. In dié tyd wei donkies saam met die koeie in die veld om die jakkalse wat die pasgebore kalfies aanval, te verwilder .

Die donkies jaag nie die jakkalse fisiek weg nie, hulle blote teenwoordigheid maak die jakkalse skrikkerig en laat hulle wegbly, vertel Paul Bester, bestuurder van ZZ2 se veeboerdery.

Daar is verskeie teorieë oor waarom dit gebeur, maar Paul glo dit is weens die toonhoogte van die donkies se balk. Veral snags wanneer die donkies balk kies die jakkalse opsoek na prooi die hasepad. “Pinzgauers, ’n Europese beesras, is nie tropgeoriënteerde diere soos Nguni’s nie, hulle dwaal af en wei individueel. Ook koeie wat kalf gaan lê eenkant van die groter trop. Dit maak hulle kwesbaar vir jakkalse. Tans is daar ‘n groot belading van jakkalse in die veld weens die droogte.”

ZZ2 het ’n trop van sowat 40 donkies wat reeds die afgelope tien jaar gebruik word vir die doel. Wanneer kalfseisoen verby is word hul weggeneem om self verder te teël. In die bewareas rondom die landerye waar boerderybedryfwighede plaasvind, word baie klein wild aangetref en jakkalse is effektiewe “skoonmakers” deur onder andere nageboorte in die veld te eet. In die droogtetye is daar egter minder wild en hou hul ‘n groter gevaar vir kalfies in.

Paul het al ervaar dat ‘n trop van drie na sewe jakkalse ‘n koei wat besig is om te kalf, aanval. “Die kalfie het geen verweer nie en die koei kry ook seer,” vertel hy.

Donkies en beeste wei tradisioneel saam. Donkies se beskermingsgeaardheid maak van hulle ook vredemakers en is dit bekend dat hulle twee bulle wat baklei uitmekaar sal jaag.

“By ZZ2 is ons uiters bewaringsbewus en is hierdie ‘n baie goeie natuurvriendelike manier om ons diere te beskerm.”

Hierdie artikel verskyn ook op News24, om hierdie artikel te lees, klik hier.

ZZ2 se donkies hou wag by koeie
ZZ2 se donkies hou wag by koeie
ZZ2 se donkies hou wag by koeie

Copyright 2023