PMA-konferensie bied talle geleenthede

Eerste gepubliseer op landbou.com

http://landbou.com/nuus/pma-konferensie-bied-talle-geleenthede/

http://bit.ly/2aLrDLK

Die jaarlikse PMA Fresh Connections-konferensie beloof om talle geleenthede vir kommersiële en kleinboere op te dis.

Boere kan eersdaags ’n hoop geleenthede gaan uitsnuffel by die Produce Marketing Association (PMA) se jaarlikse Fresh Connectons-konferensie. Dié twee-dag konferensie, op 17 en 18 Augustus in Pretoria, sal talle onderwerpe waarby kommersiële boere kan baat vind, bespreek.

Aartappels Suid-Afrika borg die “kleinboer en sy marktoegang” fokuspunt-bespreking wat deur mnr. Andrew Millson van Food Lover’s Market  gelei word. “Daar is heelwat uitdagings wat die kleinboer in die gesig staar en eweneens, al hoe meer druk op die kommersiële boer om hul ontwikkeling te ondersteun. Die bespreking sal op suksesvolle kleinboere fokus en hoe hulle met alle belangegroepe saamgewerk het, insluitend kommersiële boere, om kommersiële die welslae te behaal. In die paneel-bespreking sal ons ook kyk hoe kleinboere en kommersiële boere ’n situasie kan skep met wedersydse voordele,” verduidelik Millson.

PMA se uitvoerende hoof, mnr. Bryan Silbermann, saam met mnr. Peter Arnold van Massmart, sal die huidige stand van die internasionale varsprodukte mark bespreek en fokus op in- en uitvoeneigings, verbruikervoorkeure en die geleenthede daarin.

Die konferensie word in die Raad vir Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsing (CSIR) se internasionale konvensiesentrum in Pretoria aangebied. Vir besprekings voor 22 Julie, kos dit vir studente R1 350, PMA-lede R3 075 en nie-lede R4 390. Ná 22 Julie kos registrasie vir studente R1 685, PMA-lede R3 385 en nie-lede R4 830.

Om te bespreek, kontak me Claire Holland. sel: 072 976 1285 of e-pos: Claire@storybookcommunications.com

PMA-konferensie bied talle geleenthede
PMA-konferensie bied talle geleenthede
PMA-konferensie bied talle geleenthede

Copyright 2023