Merensky ontvang nuwe PinZ2yl-verse

Gepubliseer in die Letaba Herald http://letabaherald.co.za/37508/nuwe-pin2zyl-verse-ontvang/

Woensdag, 19 April, het vir groot opwinding in die Merensky landbougeledere gesorg toe ZZ2 10 nuwe Pin2Zyl-verse op Plasieland afgelewer het.

Hierdie nuwelinge bring die kudde nou op 25 te staan – ‘n werkbare getal wat die Agri-Merensky leerders geleentheid bied om deeglik voor te berei vir die naderende jeugskoue.

Die Plasiespan sal ook in Augustus by die Letaba Landbouskou te sien wees.

Agri-Merensky bedank Paul Bester van ZZ2 vir hul volgehoue ondersteuning.

Merensky ontvang nuwe PinZ2yl-verse
Merensky ontvang nuwe PinZ2yl-verse
Merensky ontvang nuwe PinZ2yl-verse

Copyright 2023