Avokado-reus ontwaak

Artikel gepubliseer in die Bulletin: http://www.bulletin.us.com/articles/news/37291/2016-06-13/avocado-reus-ontwaak

‘n Projek van meer as R500 miljoen is by Sapekoe en die Makgobas se teeplantasies aan die gang, om dit te omskep in florerende avokado-eenhede wat groot buitelandse valuta vir Limpopo kan verdien.

Die nuwe plan met die sukkelende teelandgoed is dié week eksklusief deur ZZ2 se hoofuitvoerendebeampte, mnr Tommie van Zyl, bevestig — na intense onderhandelings tussen die tamatiereus, die Makgobas en ander rolspelers oor die afgelope maande.

‘n Groot deel van die teeplantasies is reeds ontbos om plek te maak vir uitvoer-avo’s onder die handelsnaam Makgoba Afrika en die skepping van werkgeleenthede vir die plaaslike bevolking.

Makgoba Afrika is die naam wat in die nabye toekoms uit die heuwels van die Sapekoe Teelandgoed buite Tzaneen sal weerklink, as een van die grootste avokadoprodusente ter wêreld.

Dit is die blye vooruitsig vir die toekoms van 2 250 ha grond van die Makgoba Trust, waarvan ‘n groot deel in sukkelende teeplantasies verval het en binne die volgende dekade teen ‘n kapitale koste van minstens R500 miljoen ontwikkel sal word. Die Makgobas het ‘n verdere 2 500 ha, wat hoofsaaklik bosbou, subtropiese vrugte en natuurbewaringsveld huisves.

Die nuwe projek van waardeskepping word toegeskryf aan ‘n fyn saamgestelde reddingsplan in samewerking met die avo- en tamatiereus ZZ2, wat ‘n notariële verbintenis van veertig jaar met die Makgobas gesluit het om die 591 begunstigdes van die Trust na volhoubaarheid te lei en die grond se produksievermoë optimaal te benut, tot almal se voordeel.

Mnr Van Zyl sê die benadering tot die herontwikkeling van die Makgobas en Sapekoe was uit die staanspoor deursigtig, met twee vereistes wat tot sukses sou lei. Die eerste was geduld om die voorwaardes en regstegniese aspekte in lyn te bring, en tweedens sou niemand in die proses by die regering gaan bakhand staan om gehelp te word nie.

ZZ2 se masjinerie het reeds met die ontbossing van die teeplantasies op Geluksfontein naby Politsi begin, waar sowat 110 ha skoongemaak is. “Ons is beslis nie agter die grond aan nie, want ZZ2 het self meer as 1 600 ha in voorraad vir avo-verbouing,” sê Van Zyl. Dis volgens hom ‘n bemagtigende ontwikkeling deur vennootskap om die omgewing van Tzaneen te bevoordeel.

Avo-boorde net noord van Politsi wat deur ZZ2 ontwikkel is, is as voorbeelde aan die Makgoba Trust gewys van hoe die ontwikkeling by Sapekoe vorentoe sal lyk. Die bemarkingsnaam sal Makgoba Afrika wees en dit word bedryf deur Makgoba Asset Management (MAM), met mnr BJ van Zyl as projekbestuurder.
Die aandeelhouding in die ontwikkeling van Makgoba Asset Management, soos die projek bekend staan, is 49% deur die Makgoba Trust en 49% deur ZZ2.

Kwessies wat nog uitgestryk moet word, is die invordering van huurgeld op verskeie wonings op die landgoed wat aan private mense verhuur word. ‘n Dagbestuur is glo verantwoordelik hiervoor, maar huurders kla oor water, krag en swak diens. Pekoe Tea Garden, ‘n toeristerestourant wat al baie jare bestaan, moes sy deure sluit weens die gebrek aan water. Met die nuwe vennootskap het ZZ2 reeds gesorg dat ‘n trustrekening vir die doel geskep is, terwyl voorsiening ook vir veiligheid op die hele terrein gemaak is.

Makgoba Afrika is die naam wat in die nabye toekoms uit die heuwels van die Sapekoe Teelandgoed buite Tzaneen sal weerklink, as een van die grootste avokadoprodusente ter wêreld.

Dit is die blye voortuitsig vir die toekoms van 2 250 ha grond van die Makgoba Trust, waarvan ‘n groot deel in sukkelende teeplantasies verval het en binne die volgende dekade  teen ‘n kapitale koste van minstens R500 miljoen ontwikkel sal word. Die Makgobas het ‘n verdure 2 500 ha, wat hoofsaaklik bosbou, subtropiese vrugte en natuurbewaringsveld huisves.

Die nuwe projek van waardeskepping word toegeskryf aan ‘n fyn saamgestelde reddingsplan in samewerking met die avokado- en tamatiereus ZZ2, wat ‘n notariële verbintenis van veertig jaar met die Makgobas gesluit het om die 591 begunstigdes van die Trust na volhoubaarheid te lei en die grond se produksievermoë optimaal te benut, tot almal se voordeel.

Mnr. Tommie van Zyl, die besturende direkteur van Bertie van Zyl (Edms) Bpk (ZZ2), sê die benadering tot die herontwikkeling van die Makgobas en Sapeko was uit die staanspoor deursigtig, met twee vereistes wat tot sukses sou lei. Die eerste was geduld om die voorwaardes en regstegniese aspekte in lyn te bring, en tweedens sou niemand in die proses by die regering bakhand staan om gehelp te word nie.

ZZ2 se masjinerie het reeds met die ontbossing van die teeplantasies op Geluksfontein begin, waar sowat 110 ha skoongemaak is. “Ons is beslis nie agter die grond aan nie, want ZZ2 het self meer as 1600 ha in voorraad vir avo-verbouing,” sê Van Zyl. Dit is volgens hom ‘n bemagtigende ontwikkeling deur die vennootskap om die omgewing van Tzaneen te bevoordeel.

Avo-boorde net Noord van Politsi wat deur ZZ2 ontwikkel is, is as voorbeelde aan die Makgoba Trust gewys van hoe die ontwikkeling by Sapeko vorentoe sal lyk. Die bemarkingsnaam sal Makgoba Afrika wees en dit word bedryf deur Makgoba Asset Management (MAM), met mnr. BJ van Zyl as projekbestuurder.

Die aandeelhouding in die ontwikkeling van Makgoba Asset Management of MAM soos wat die projek bekend gaan staan, is 49% deur die Makgoba Trust en 49% deur ZZ2.

Kwessies wat nog uitgestryk moet word, is die invordering van huurgeld op verskeie wonings op die landgoed wat aan private mense verhuur word. ‘n Dagbestuur is hiervoor verantwoordelik, maar huurders kla oor water, krag en swak diens. Pekoe Tea Garden, ‘n toeristerestaurant wat al vir baie jare bestaan, moes sy deure sluit weens die gebrek aan water. Met die nuwe vennootskap het ZZ2 reeds gesorg dat ‘n trustrekening vir die doel geskep is, terwyl voorsiening ook vir veiligheid op die hele terrein gemaak is.

Goeie nuus is tans maar bitter skaars in ons land. Die regerende party spog graag met die goeie boodskap wat hulle het, maar dit is `n boodskap wat ongelukkig mank gaan aan die nodige geloofwaardigheid.

Tzaneen is gelukkig dat ons vandag (eksklusief op die voorblad) goeie nuus vir die omgewing kan aankondig. Ons is al maande lank bewus van die projek, maar op versoek van die betrokke partye het ons dit met die nodige vertroulikheid gehanteer; totdat ons gister die groen lig gekry het om te publiseer.

Die presiese omvang van die projek in monetêre terme is nie vir algemene kennis bedoel nie, maar ons kan bevestig dat baie miljoene rand in die ontbossing van die teeplantasies en die aanplant van avokadoboorde belê word.

Dat een van die land se grootste en suksesvolste boerdery-ondernemings die projek bestuur en in vennootskap met die Makgoebas sal bedryf en bestuur, bied daaraan geloofwaardigheid en die versekering dat dinge reg gedoen sal word. Baie nuwe werkgeleenthede wat geskep word, is van die beste nuus vir ons omgewing en dit kom baie tydig.

Dat Makgoba Afrika oor `n paar jaar valuta vir die land sal verdien, is verdere goeie nuus. Eweneens is die goeie inspuiting wat dit noodwendig  vir sakevertroue in die plaaslike ekonomie sal gee, uitwers welkom.

Ons verwelkom die koms van Makgoba Afrika en wens die Makgobas en die ZZ2-groep groot sukses toe.

Mag Makgoba Afrika gedy.

Avokado-reus ontwaak
Avokado-reus ontwaak
Avokado-reus ontwaak

Copyright 2023